![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgZ6rRwS5BSceTDvOwZePdvykX4MD8wjnx69wEH8ZEOOEiQqtkTkYLDDgRFDQvkdpTlHGLrY9xDws6KIpUE2yEjGsuXN9KH65zxlnPnX4tgbtf4QuPgrFpR8pBovqdyBeECI9wcV3jquFA/s320/help+kitty.jpg)
ek is nou 31 (amper 3 maande al )
en ek leer van aanvaarding... nie soos kennis in jou kop inprop-leer in die sin van teësinnig leer nie, maar 'n sagte leer.
ek aanvaar dat die botter ook soms hard is in die deftige restaurant se brood-mandjie
ek aanvaar dat die tee nie altyd sterk genoeg is nie ( al het ek die sakkie lank ingehou )
ek aanvaar dat ek skrikkerig is vir die tegnologiese -golf wat ons huis inrol... blackberries, ipads, ipods, dstv, wi-fi-, bla bla, HD, bla -afkorting-bla
ek aanvaar dat dit okay is om te huil na die Twilight-flieks ( al is ek 31 en nie 13 nie )
ek aanvaar dat ander mense Kersfees op 'n ander manier vier
ek aanvaar dat baie mense nie Kersfees vier nie
ek sal nog aanvaardings- deel deur die loop van die week.
x
m
No comments:
Post a Comment