dit is 9.5km
a vir afstand
_________________________________
afstand tussen choatiese kleurryke, kaalvoet winkelgangers
onderste-grepie van Voortrekkerweg
met sy ketting-winkels en goedkoop vermaak
en stampvol KFC en Spur's
b vir bydrywige
__________________________________
Checkers-Hyper
met sy afslag-pryse en groot trollies
met die lang betaal-rye
en basiese-voedselsoorte
massa
volume
c vir chic
_____________________________________
9.5km later: landskap transformasie
motors hier
kos meer as 9.5km terug se wonings
chic huise
chic restaurante
klein winkels wat soos deli's lyk
cuisine
klein mandjies
vir klein verpakte enkel-kits maaltye
verbysterend om van a na b na c te beweeg in 12 minute.
kon netsowel met die ruimtetuig gereis het
aan die 9.5km
No comments:
Post a Comment