Lydia werk in "Strictly Coffee" -
koffie winkeltjie in Robertson.
Hulle is 'n fynproewer-koffieboon-meester rooster.
♥
Hulle maal hul eie bone en verskaf dit aan die
restaurante soos "Passio" en "the Grand Café" ( oorkant die pad )
Wat Lydia spesiaal maak:
wat my opgeval het met die intrapslag:
opregte glimlag.
sy versinnebeeld die plattelandse onskuld
'n warm hart.
Sy geniet haar werk en
Sy gee om vir haar dorp
Sy het pragtige ( sweempie-ballerina!) postuur en reguit skouers..
en sy inspireer my
om die lewe reg in die oë te kyk
nie uitdagend nie
gemaklik
verseker
tuis.
♥
Dankie Lydia !
No comments:
Post a Comment