Sunday, December 11, 2011

stil

een van my hartskamers is stil
die stoel is geskuif
dit maak dat die mat so krul staan
daar was beweging
maar ek hoor nie jou stem nie

soveel vriende & geeste & stemme & siele in my hartsgange
en soveel pret en lag en gesels en gee
maar ek kan nie 1 vriend as plaasvervanger vir 'n ander he nie
elkeen
sy eie plekkie
onvervangbaar
die stilte lui
soos 'n sirene
in my kop

No comments:

Post a Comment