Tuesday, September 13, 2011

skoonpa

Dit is met diepe hartseer dat ons
afskeid neem van pa-Tonie
ons harte is oopmond-verslae
ons hande in die lug
en ons besef weer
dat ons lewenskruik
druppeltjie vir druppletjie
uitloop
lek
of ons dit nou wil weet of nie
daar is geen een wat die dood
se onwelkome roep
kan ontglip
so daar waar ons
druppels val
moet
iets groei
iets moois
iets ewigs

m



No comments:

Post a Comment