Sunday, August 19, 2012

person of the week: Sankie Jordaan

Sankie Jordaan wen "person- of -the-week"
omdat sy so 'n dierbare en egte ma is.
Sy is boervrou ( taai en weet hoe om wingerd te snoei )
Sy is knap huisvrou ( sy bak fyn tertjies 
en piesangbrood waarvoor jy jou linkerhand sal gee )
Sy is ma van 2.
Dus het sy haarself oopgestel vir die grootste avontuur....
om vlees van jou vlees die wye wêreld in te stuur...
met net 'n bietjie opvoeding en gebede en Montagu-mooi in hul harte...

dapper vrou.
admin vrou
leier vrou
binneshuis-versierder.

en sy kan 'n bakkie deur 'n verspeolde drif ry
en sy is gasvry en deernisvol.
goeie balans.
goeie vrou vir Pierre.




No comments:

Post a Comment