Tuesday, August 24, 2010

Dinsdag Drome


Die familie is baie opgewonde oor Tannie Bettie se 60ste.

sy verjaar 2 Sept en haar enigste dogter is aan't party in Lisbon en sal nie Klein Karoo toe kan kom nie. Kromkloof is nooit dieselfde sonder haar nie. (Plaas se naam)


So: dit is nou ons taak om hierdie onselfsugtige en dierbare verpleegster-vrou en mammie te bederf.

Hierdie is die plek-matjies wat ek gekoop het by "Loads of Living" en hoewel stedelike-tuisteskeppers mal sal wees hieroor het sekere vriende hul bedenkinge gelig....


vorm maar jou eie opinie.




"runner" wat is dit in Afrikaans?






verder maak ek my gereed vir 'n marathon-vergadering waarin sekere sleutel-besluite gemaak gaan word en ek kan aan NIKS oulik/ voortreflik/ innoverend dink om by te dra nie.
Dit lyk gewoonlik nie "great" nie, hulle verwag meer.
ai en al wat ek wil doen is my "twilight" boek lees (dankie Inge: loopbaan vooruitsigte gestrem!)

lekker oggend, Baai
Maria

No comments:

Post a Comment