Saturday, October 22, 2011

Nuwe ontmoeting

Ekt onlangs 'n handjievol jong vroue ontmoet by 'n verjaarsdag -partytjie waar ek net 2 mense
( uit 30 ) geken het.


Wat my opgeval het:
Hierdie 5 dames is tussen ouderdom 26-28.
Ek hulle is "smart" ... soos in "clued up" en wakker!



Hulle is vol pret en lus vir die lewe, maar dis nie 'n halsoorkop lus wat jou laat wonder of hul dalk al vir 2 ure red-bull sit en drink het nie...
meer 'n elegante opwinding (as ek dit so kan stel)

en hulle is realisties, wesenlik in beheer van hul tyd/ hul loopbaan/hul verhoudingsmaat / hul klerestyl en hul houding. alles is deurdag, alles is "afgeteken"
ja, hulle "teken" (soos in die Engelse: "sign off ") hulle lewens netjies af.

hulle keur en kies die geselskap wat hul toelaat in hul lewens, maar hul is joviaal en ontvanklik om met 'n 31-jarige wat hul nou pas ontmoet: te praat en te deel.
openlik. suiwer. eerlik.

wat 'n heerlike aand.
En ekt gedink 26-jariges loop hul vas teen die grootmens-wêreld muur van ontnugtering omdat hul nie die moed het om die verblindende sterre in hul oë bietjie te " dim" met realiteit nie.

Hierdie meisies stap 'n pad van ontmoeting.

Ontmoet die lewe nuut elke dag. en bou nie lugkastele nie, maar eerder soliede fondasies waarop BAIE pret (reeds) ervaar word, sonder dat dit krummel of kraak onder die gewig van ontdekking en ontmoeting.

wow.

m

No comments:

Post a Comment