Wednesday, February 22, 2012

My Mammie het gister verjaar

my Mammie het gister verjaar
en toe die werkstaak my toelaat om te bedaar
en sy sweep neerlê
kry ekke kans om te sê:
"Veels Geluk liewe Ma"

Mag daar nog baie jare wees
wat ons kan klets oor 'n snytjie koek
en kan droom oor die Camino wat ons gaan stap
baie jare waarin ons kan huil en grap
oor die lewe
se snaakse vorms & draaie
en al die afdraai-paaie...
Dankie vir die reguit pad wat jy ten toonstel
en die empatie met die mindere
wat jy vergestalt
veels geluk ma

No comments:

Post a Comment