Saturday, April 28, 2012

dalk was ek

dalk was ek bietjie gulsig met die lewe
gegryp na die hand
toe die pinkie genoeg was...
maar nou ja

dalk was ek bietjie ongeduldig met geliefdes
omdat ek soveel van hul wou hê
niks terughou... alles sê...

dalk was ek bietjie manipulerend
en wou myself inwurm
in dit wat vir my kosbaar
en spesiaal was

maar nou ja

"such is life"

en die liefde glo alles
hoop alles
en dalk meer belangrik:

verdra alles.





No comments:

Post a Comment