Thursday, May 3, 2012

'n nat oggend-gebed

Goeie more Skepper.

Al die lof en die mooiste van alles
 aan U.
Dankie vir die voorsiening 
(dat U nou die tuin natmaak)
en vir die lekker koffie
en die broodjies.

Ek is jammer dat ek so lae prioriteit gee aan Bybel lees.
Ek is jammer dat ek nie moeite doen 
om die kulturele-konteks van die Ou Testament te verstaan nie.

Ek gee vandag vir U.
Dankie dat U moeite doen met ons 
en nie ongeduldig raak nie.
Wonderlike Pa.

Amen


No comments:

Post a Comment