Wednesday, November 14, 2012

Bid vir Wolseley, Ceres, de Doorns.


Baie nare gebeure in ons wingerde en in die pragtige plattelandse dorpies...
Wolseley: die haweloses en werkloses word opgesweep om moeilikheid te maak.
Dit is skokkend.
Ceres: harde werk en jare se infrastruktuur- belegging en pakstore word geskend.
De Doorns: opvlieënde gemoedere. naar.

My ma werk vir BADISA in Wolseley (Christelike Maatskaplike Dienste) en hulle hou tans skoolkinders veilig in 'n kerkie.  'n Paar meter af in die pad:

Hierdie polisie voertuig is omgegooi en 'n 28-jarige boer is noodlottig aangerand. (news24)




Vader, bewaar asb ons mooi dorpies van die bose.
Gee dat rustigheid en tegemoedkomendheid sal terugkeer.
Bewaar en herstel die orde en maak ons Kerk se hande sterk om in hierdie tyd 'n Lig te wees vir U.
Ons dra Wolseley aan U op.

Amen.

No comments:

Post a Comment