Friday, March 2, 2012

CIMA

yay eks weer 'n student!
Ek pak CIMA aaan
(Chartered Institute of Management Accounting)
klaskamer:
6 van ons.
Nazneen (werk vir die regering, ek skat haar 36/37/38, sy dra nie tradisionele Moslem-klere nie, baie gaaf en passievol vir reg & geregtigheid) Ek kry so half aktivis 'vibe' van haar af.
Leon (Afrikaans, oorspronklik van Natal, ek skat 19 of 20 en dink surfing is die coolste ding ooit, swot voltyds deur IBTC )
IBTC is die plek wat die CIMA klasse aanbied vir ons module, Enterprise Management
( 79 Roeland straat )

Tebogo (swart, geen idee hoe oud hy is nie) het langs my gesit en sy handboek met my gedeel. wit tande, oë bietjie geel soortvan, maar gaaf. ( weet nie of hy werk nie, kon nie uitmaak wat hy sê nie )

Davril is van "cape malay" of kleurling tipe agtergrond. werk voltyds en het 'n pak aangehad. Hy doen sommer al die vakke gelyk. Overkill as jy my vra. hy lyk ambisieus en ry 'n ou BMW.
ek weet nie of die BMW iets met ambisie te doen het nie.
soms voel dit asof al die jong Indier-outjies een of ander BMW ry. (ons almal het 21h02 daar uitgevaar en hyt agter my parkeer )


John is engels en het dig bos krul hare. Hy werk in IT en was merkbaar geïrriteerd toe ons oor Performance appraisals praat (en party het hul koppe geskud ja, ons doen dit by die werk ) en hulle doen dit nie by sy werk nie. Hy is in IT.

Maria, wit, amper 32, swot weer en het 'n oorvol skedule want ek wil mos NIKS mis nie en die lewe uitdruk en pers soos 'n suurlemoen...
sodat ons natuurlik tequila kan drink! (Of hoe gaan die gesegde?)
Ons is 'n kleurvolle groep en die lesing is aangebied deur Sue Jabbitt. Syt vir 12 jaar in UK vir die BBC gewerk. baie oulik.

ok, meer later, oor ons kleurvolle klassie.
lekker slaap.

No comments:

Post a Comment