Monday, September 24, 2012

studie bring onverwagste wysheid..

Ek is besig met nagradse studies en die betrokke vakgebied behandel:
finansiële konsolidasies
intergroep-handel, 
dividende 
en die reels wat hierdie tipe aksies/ transaksies
 se verslagdoening reguleer.

die werklike relevante deel van hierdie denkpatroon:
 ( want dit is eintlik al wat hulle wil hê jy moet leer )
is om so eerlik en regverdig as moontlik te handel.
dis mooi.


Die lewe is ook soos 'n konsolidasie.
twee partye kyk na mekaar se "statement of financial position" ( die nuwe woord vir Balans staat )
dus evalueer ons op hirdie staidium: of elke party gebalanseerd is...... 
nie of jy geen laste het nie !
dan doen mens analise. 
(is jou verhoudings reg?) ratios.
die "ratio" van eie- ego tot Skepper
die "ratio" van laf na ernstig... 
etc.

dan vind samesmelting plaas.
daar is 'n spesifieke datum betrokke.
ek sal later meer vertel... moet nou eers swot. Alles trek my aandag af van studeer.

No comments:

Post a Comment