Monday, June 25, 2012

Welsh terrier en die Onmoontlike bloedlyn...

ek kan dit nie glo nie.
die een hond, enkel, Uno...
waarop ek verlief raak...

is skaars.
nee, regtig, soos in "aan die uitsterf "
"protected pets list...."
min het ek geweet dat hulle in die jaar 2000 ingevoer is 
en van daar het die getalle net NOOIT toegeneem nie.
 daar is slegs 17 mense in die land wat die regte, skoon bloedlyn het.
 ♥
Chris sê my so 'n maand terug dat hy nie telers kry nie...
 eintlik: hy kry nêrens 'n klein- Welsh Terrier nie...
my eerste reaksie: 
ja, nee, natuurlik net gegoogle "welsh terrier puppies" en toe opgehou...

rooskleurige-skaamte, toe ek vanaand hoor hy praat met 'n eksentrieke- Goodwood knaap wat sy reun geneem het na 'n Pretoriase- vrou, sodat die reun en tefie van naderby kon kennis maak...
en nadat jy iets wat lyk soos 'n verband-aansoek ingedien het, sal die eienaars met jou praat...
jy kry Yorkshire Terriers, 
 Scottish Terriers,
 Irish terriers, Bull terriers, 
Airedale Terriers... 
en dan natuurlik my geliefde:  
Welsh Terriers.

kyk wat sê wikipedia:

"Welsh Terriers were developed to hunt independently 
and this required that they be very assertive and stoic dogs. 
As a consequence, developing obedience in a Welsh Terrier
 is a long term proposition
 and one has to constantly work on and reinforce the training. 

They rank 53rd in Stanley Coren's The Intelligence of Dogs, being of average working/obedience intelligence. 
This, however, does not mean that Welsh Terriers
 fail to learn or understand commands, 
just that they tend to make their own decisions; 
thus the need for constant reinforcement.
 When acting on their own, 
they are quite creative 
and quick in decision making."


 Dit is so so my tipe hond !!

so- Lang storie kort te knip:
ons is eers om die bos gelei deur 'n skelm-smous-pseudo- puppy-verkoper in Durban...
gelukkig geen finansiele skade nie, 
Chris het dadelik 'n rot geruik...


Nou by die ware Jakob:
 
ons is op die waglys.... 
ons is nommer 18!
maar omdat ons die Goodwood-man verseker het 
dat ons nie gaan teel nie, bump hy ons op na nommer 3. 
ons wil net 'n troeteldier hê.
Troetel dier.
mooi woord.
regtig
al wat
ek wil
hê.
vir Kersfees ( of so wil dit my voorkom... )
ons due-date is Kersfees.

No comments:

Post a Comment