Tuesday, January 31, 2012

DIY ( Do it yourself )





Ek tob soms oor facebook-gemeenskap publikasies:


"ekt die beste man op aarde"
of so iets.


Dan is ek gelyktydig bly dat hulle so voel

( ek hoop almal voel meeste van die tyd darem so )

en tweedens wonder ek wat die rede sou wees vir die publieke aankondiging?



In elk geval;

ek het onlangs so bevlieging gekry

(vir dawerende publieke uitbarsting)

toe Chris die studeer kamer oordoen

en dit omskep in 'n zen-"lab"
waar ek CIMA kan aanpak

in die kalmte wat wit/room/grys-Maria-omgewing-fluister


So Chris: hier is my vreugde-aankondiging-uitbarsting vir jou:


"Jys die beste man op aarde."


 

(fotos volg...)

No comments:

Post a Comment