my dierbaarheid 
is in Kimberley 
in koue hof gange
in 'n steriel saal
waar mense met kettings 
om hul enkels stap
begelei deur ander mense met wapens
en alles echo
die kil harte
en die smeersel-snork-glimlagte
.......
hy stap uit
vry man
maar ongeskend?
eks net bly hy is klaar
boek toegemaak
bedaar
♥
 


 
 
No comments:
Post a Comment