Wednesday, October 10, 2012

Woensdag weiveld

wanneer laas het jy gaan uit eet by 'n plek wat jy nog nooit oorweeg het nie?
soos in:
daai snaakse plek met die vreemde dekor en die wenkbrou-lig-restaurant-gaste...
die eetplek langs die besige straat ( Voortrekker straat )
met die taxi- samedromming...
die eetplek met die "specials" so buite teen die muur op
jip, daai een.
Wel:
gaan bietjie soontoe
klim uit gemaksone-straat
na die raas & roes van die vreemde.
dit is 'n Woensdag weiveld van wondere vir my.


No comments:

Post a Comment