Monday, October 22, 2012

vandag is die dag

kan jy glo 'n mens is so opgewonde om skuld aan te gaan... ?
vreemd né.
maar hierdie skuld (dankie Nedbank)
 beteken dat ek binnekort weer iets teen mure kan hang
weer uit my borde kan eet
en weer my pragtige messegoed kan gebruik
en na my muurhorlosie kan kyk en
weet:
die illusie- van- besit - het ingetree:
dis ons s'n.


(wel... en grootliks Nedbank s'n )
dis ons huis
dis ons beskutting
dis ons habitat
dis ons linne
dis ons meubels
dis ons muur-krake
dis ons geiser
dis ons inrit

you get the picture.....

No comments:

Post a Comment